Biltong Resepte en Kos Idees

MAKLIKE BILTONG QUICHE


400g Broskorsdeeg

100g Cheddarkaas, Grofgerasper

160g Gekerfde Closwa Beesbiltong

2 Eiers

250ml Room

Swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180'C.  Rol broskorsdeeg op 'n meelbestrooide oppervlak dunner uit.  Voer 'n gesmeerde tertbord van sowat 18cm uit met deeg.  Sprinkel kaas onderin tertbak en rankskik biltong bo-op.  Klits eiers en room saam.  Gooi oor kaas en biltong en geur met peper.  Bak vir sowat 35 minute in warm oond.  Die eiermengsel moet gestol wees.  Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.

Bron: Sarie Resepte

BILTONG MUFFINS

250ml Volgraanmeel
250ml Koekmeel
500ml biltong (fyn)
125ml Cheddar kaas 
30 ml bakpoeier
3 eiers
200ml melk
100ml kookolie
5ml sout
15ml suurlemoensap 


Meng die bestandele liggies saam
Skep in gesmeerde muffin panne en bak 11 minute by 220°C
Laat effens afkoel voor dit uitgekeer en met botter voorgesit word
Lewer 12 muffins 


Bron: Biltong en Droëwors - Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels

BILTONG POTBROOD

500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2ml sout 
5ml mosterdpoeier
100g botter
100ml melk (ongeveer)
1 eier geklits

 

VULSEL
250ml gerasperde biltong
200g gladde maaskaas
15ml suurlemoensap
30ml gekapte pietersielie
mayonnaise om aan te klam

 

Berei die deeg deur droë bestandele saam te sif.
Sny botter met 'n mes in die meel in en vryf met vingerpunte in tot mengsel soos droë broodkrummels lyk.
Klits die melk en eier saam. Maak holte in die meelmengsel en voeg die vloeistof geleidelik by.
Meng vining tot 'n sagte deeg.
Keer uit om 'n meelbestrooide plank en knie liggies tot glad.
Rol uit in vierkant, sowat 10mm dik.
Meng vulselbestandele en smeer oor deeg, maar hou 25mm om die kante van die deeg oop.
Rol deeg op soos 'n rolkoek en verseel die kante met geklitste eier en water.
Druk liggies in waspapier toe en plaas sowat 30 min in die yskas
Sny deeg versigtig in 25mm skywe en pak met gesnyde kant na onder op die bodem van 'n nr 3 platboompotjie.
Begin in die middel en rangskik die oorblywende skywe in 'n sirkel.
Laat die pot se kante oop vir deeg om te rys.
Smeer die binnekant van deksel met kookolie of botter en maak die pot toe
Plaas oor 'n klein vuurtjie, sit 'n paar klein, warm kole op die deksel en bak 20-30min of to die brood goudbruin en gaar is.
Keer uit, laat effe afkoel en sit voor met bros groentestokkies en slaaiblare.

Bron: Biltong en Droëwors - Rooivleisbedryf 
Plasing: Henriette Wessels

Tel: +264 62 501123

Contact Us

Visit us on Facebook

© Closwa Biltong 2019